SKATKISBOEKE - TREASURE CHEST BOOKS

(Herinneringe van ou boeke is 'n skat om te geniet - Memories of old books is a treasure to enjoy)

SUPERMASK REEKS

Die verhale het gehandel oor ’n super sterk swart kragman genaamd Supermask.  Hy het die rol gespeel van ’n gemaskerde kragman wat die wêreld moes red van talle vyande.  ’n Goeie konsep wat waarskynlik ’n groot getal swart lesers gelok het.  Swart akteurs het uitsluitlik die rolle vertolk en dit was dus hoofsaaklik gemik op die swart lesersmark van daardie tyd.  

In ’n ietwat ongewone stap van die fotoverhaal mark, het die avonture van Supermask op mekaar gevolg.  Dit was ’n slim konsep wat die lesers waarskynlik wou dwing om die volgende uitgawe ook te koop om te sien wat verder met hulle held gebeur.  Geen melding word weereens van die skrywer gemaak nie, ook nie van die rolspelers nie.  Die fotografie was goed en die verhaal interessant genoeg om jou nuuskierig genoeg te maak vir die volgende uitgawe, (deur Koos Papenfus).

Supermask - The chain of death
9. Supermask - The chain of death

Copyright © 2019 by Pieter Haasbroek and Koos Papenfus. All rights reserved.
Last updated: 9 November 2019